

JACO SE 4 LAAG SJOKOLADE KOEK
7 eiers
2 koppies suiker
3 eetlepels kakao
1 koppie olie
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
Skei eiers en klits die eiergele tot lig. Voeg suiker geleidelik by.
Meng ‘n ¾ koppie water met die kakao en voeg by eiergele.
Voeg dan die olie by en meng goed.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng bietjie-bietjie by die eiergele.
Klits eierwitte styf en vou in met ‘n lepel tot net gemeng.
Skep in 2 panne van 20cm elk, of in 4 panne indien jy sommer die 4 lae apart wil bak.
Bak by 180°C vir 35 min.
Laat die koeke heeltemal afkoel, en sny in twee lae in indien jy net twee koeke gebak het.
Nota:
Voeg 2.5 ml kremetart by vir nog ‘n lekkerder tekstuur.
Ek het verskillende lae gebruik. Die onderste is roomkaas met geroosterde klapper, middel is karamel, boonste is roomkaas met rum geursel en bo-op is botter-kakao versiering met bietjie amandel geursel in om die maraschino kersies te komplimenteer. Smake vul mekaar goed aan.
Foto en resep: Jaco Bester






