
GESTOPTE BEESBRAAISTUK
Vat n stuk binneboud en stop dit met spek wat in knoffel en koljander gedoop is .
250 g spek
4 heel knoffelhuisies
1,5 tot 2 kg beesbraaistuk
250 ml druiwe asyn
5 ml sout
5 ml fyn koljander
OM GAAR TE MAAK
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
Ongeveer 60 ml kookolie
60 ml kookwater
VIR DIE SOUS
30 ml botter
60 ml meelblom
600 ml vleissous
60 ml Port opsioneel
Sny die spek in repe van 5 mm dik en ongeveer 50 mm lank en sit dit in die vrieskas vir ongeveer 1 uur.
Kap die knoffel in lang flentertjies.
Sodra die spek bevrore is , kan jy die beesvleis begin stop. Vat n skerp mes en maak diep kepe in die vleis in die rigting waarin die vesels loop.
Doop die spek in die druiweasyn, strooi sout en n bietjie koljander oor en stop dit saam met die flentertjies knoffel in die gate. Gebruik net die helfte van die sout.
Sorg dat die spek heeltemal in die vleis gestop is, andres gaan dit uitpeul tydens die gaarmaakproses
Vryf die res van die sout oor die beesvleis.Giet die orige asyn oor en mariner vir 12 uur. Draai so 2 keer om.
Die volgende dag word die vleis goed droog geklad op kombuispapier.
Geur met sout en peper.Verhit kookolie so 5 mm diep in n platboompot of swaarboomkastrol. Braai die vleis aan alle kante bruin.
Voeg die kookwater by en verminder die hitte. Gooi so dan en wan n oog in die pot om seker te maak dinge brand nie aan nie. Voeg kookwater bietjie bietjie by.
Na n uur kan jy die vleis omdraai. Toets met n toetspen. Afhangende van hoe dik die vleis en hoe gaar jy dit wil he, kan dit nou enige iets van n halfuur tot n uur wees dan is die vleis gaar.
Lig die vleis uit die platboompot en hou dit warm.
Giet die potsous af eh hou dit eenkant.
Smelt die botter in die platboompot, trek die pot van die hitte af en roer die meel by tot dit mooi glad is. Sit terug op die hitte en kook versigtig vir 3 minute.
Voeg die vleissous alles tegelyk by en bring stadig tot kookpunt terwyl jy dit gedurig roer.
Laat prut vir 6 minute en roer kort-kort sodat doe sous pragtig glad is.
Voeg sout by indien nodig.
[ Dankie Dine van Zyl, so onthou ek my ouma’s en my ma se kos “ vingerlek lekker met apologie aan die kiepie-plekkie]
Replaas en getoets deur Rene Truter Wessels






