EENVOUDIGE YSKAS KAASKOEK
Kors:
1 pakkie marie / tennis biscuits, fyn gedruk
3 – 4 eetlepels bottter, gesmelt
1 houer gladde maaskaas (230 – 250 g)
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
Meng die beskuitjies en botter saam.
Druk teen die bodem van ‘n gesmeerde middelmatige tertbak vas.
Sit in die yskas vir afkoeling.
Meng die maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap tot redelik styf
Skep oor die beskuitjiekors en sit in die yskas.
Laat stol vir minstens 1 uur.
Resep: Arina Potgieter Vd Berg