

WORTELSLAAI SONDER MAYO
3 – 5 groot wortels (afhangende van aantal mense)
2 eetlepels fyngekapte vars koriander
1 teelepel vars gekapte gemmer
1 paprika enige rissie na smaak sonder pitte (voeg ekstra rissie by indien verkies)
½ koppie geroosterde amandelvlokkies of grof gekap, maar nie die fyn een nie
4 eetlepels olyfolie
1 eetlepel suurlemoensap
½ suurlemoen se skil, gerasper
sout en peper na smaak
Meng die bestanddele in ‘n slaaibak en plaas in yskas.
Berei die slaai ‘n paar uur voor opdiening of laat in yskas oornag.
Ideaal saam met kerrie of vis.
Resep: Jocelyn Fordred







Done