WORTELRING MET ROOM
Lekkerste gestolde slaai wat ek nog geëet het. Die smaak is vir my net die beste.
1 blik (440g) fyn pynappel
1 pakkie suurlemoen jellie
12,5 ml gelatien
250 ml room
2½ koppies gerasperde wortels
83 ml suiker
Skei die sap van die pynappel.
Voeg die fyn pynappel by die gerasperde wortels. Meng deur en plaas in yskas.
Meng die gelatien met klein bietjie water.
Verhit die pynappelsap en suiker. Voeg jelly en gelatien by. Roer tot dit opgelos is.
Gooi so 4 blokkies ys by jelly mengsel. Roer tot blokkies ys gesmelt het.
Voeg die room by en roer goed deur.
Gooi die roommengsel by die wortel en pynappel en meng.
Skep die mengsel in ‘n vorm bak (ringbak) en plaas in yskas om te stol.
nota: Ek het nog ‘n pakkie jelly bygegooi, want die mengsel het vir my te slap gelyk en ek was bang dit stol nie mooi nie en myne het soos die foto gekom.
Resep: Helena Enslin Laubscher
Foto: Elsa van Antwerpen Kleinhans








