


WILDEBEES KAIINGS VAN OOM FANUS
Hierdie resep is baie oud en ek wil dit met julle deel, want dit het niks te make met wildsvleis of uitgebraaide vet nie, dit is iets soos KOEKSISTERS. Geniet dit.
4 koppies koekmeel
1 koppie botter
2 eetlepels bakpoeier
1 knippie sout
2 eiers
1 eet suurlemoensap
± 1 koppie melk
Vryf die botter, bakpoeier en sout in die meelblom.
Klits die eiers, suurlemoensap en melk saam.
Voeg by die droë bestanddele by en hanteer liggies.
Rol uit, sny in vierkante of sirkels, vou om die steel van ‘n houtlepel, maak effens klam waar deeg oormekaar vou en bak in warm olie.
STROOP:
6 koppies suiker
3 koppies water
gerasperde lemoenskil
kaneelstokkies
Laat kook 10 min. Laat koud word en doop gaar kaaings in stroop soos koeksisters.
Ek het dit nog nie gemaak nie, so laat weet hoe dit smaak, asb?
Resep geplaas deur: Rina Kleinhans
Foto: Wikki Tap






