Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng diekoekmeel, bakpoeier en knippie sout. Vryf die margarien in met jou vingers.
Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100 ml melk en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant. Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het.
En nou vir die tweede geheim:
Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.
Resep: Carol Elliott Claassen
Foto: Benhet Niewenhuis