

VISKOEKIES MET MIELIEMEEL
(8 viskoekies)
300 ml water
2 ml sout
50 ml mieliemeel
400 g stokvisfilette
150 ml water
2 loulierblare
2 peperkorrels
1 klein ui, gekap
3 ml gerasperde suurlemoenskil
10 ml tamatiepuree (opsioneel)
Knippie gemaalde swartpeper
3 ml sout
10 ml gekapte pietersielie
20 ml margarine
Olie vir vlakbraai
Kook die water, 2ml sout en mieliemeel oor lae hitte tot gaar. (ongeveer 30 min.)
Prut die vis in die water waarby lourierblaar, peperkorrels en ui gevoeg is, totdat dit gaar is en maklik met ‘n vurk vlok. Dreineer, maar behou die vloeistof. Verwyder die lourierblaar en peperkorrels. Vlok die vis.
Meng die gaar pap, gevlokte vis, suurlemoenskil, tamatiepuree, peper, sout, pietersielie en margarine. Voeg bietjie van die gaarmaakvloeistof by indien die mengsel te droog is. Laat afkoel.
Vorm 8 viskoekies en plaas in die koelkas vir 30min. Verhit olie in braaipan, en braai viskoekies 3-4min aan albei kante tot goudbruin. Sit warm voor.






