VANILLA KOEK-CUPCAKES
Goed hier gaan ons vir die koek resep. Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes
Vir die stroop:
100 g strooisuiker
100 ml water
5 ml vanilla geursel
Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel. Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek
Vanillakoek:
200 g sagte margarine of botter
200 g strooisuiker
10 ml vanilla geursel
4 eiers liggies geklits
200 g bruismeel (gesif)
Klits margarine tot lig en donsig (die geheim is om dit baaaaie goed te klits)
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een deerde op ‘n slag. moet glad nie dit te lank meng nie, want dan raak die koekdeeg taai.
Oond 180 ºC vir 35 minute of tot gaar.
15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.
Onthou om die stroop oor die warm cupcakes te smeer.
Versiersel
450 g gesifte versiersuiker
200 g sagte botter
5 ml vanilla geursel
Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spier wit wees.
Nou voeg jy die icing sugar een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Voeg die vanilla by en klits.
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die icing baie sag. Vir die manier hoe om die versiering te doen moet Piet maar vinnig Oppie koppie toe gaan .
O ja en onthou hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.
Resep en foto: Diane Roode Hancox








