

UMPA KOORA – AARTAPPELS
500 g gekookte aartappels in blokkies
2 eetlepels olie
1 teelepel fyn koljander
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel mostertsaad
2 fyn gemaakte knoffelhuisies
½ soetrissie fyn gekap
‘n paar kerrieblare
1 teelepel borrie
½ teelepel rissiepoeier
1 eetlepels vars gerasperde gemmer
sout
2 eetlepels vars suurlemoensap
½ teelepel asafoetida (as jy het)
Braai mosterdsaad, rissie, ui, knoffel en kerrieblare. Sprinkel asafoetida oor.
Voeg gekookde aartapple blokkies, sout en borrie by
Roerbraai vir so 5 min
Verwyder van hitte en voeg vars suurlemoensap en koljander by.
Bedien met Phuris of Parethas
BRON en foto: Martie Fourie Moolman
« PHURIS






