

SPLITERTJIE BHAJIAS
2 koppies splitertjies, oornag geweek
1 ui gerasper
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel gemaalde koljander
1 teelepel gemaalde komyn
1 gekapte rissie
1 teelepel vars gerasperde gemmer
2 knoffelhuisies fyn
2 eetlepels vars gekapte koljander blare of ment
1 teelepel sout
olie vir diepbraai
Dreineer ertjies en maal dit (of voedsel verwerk dit)
Voeg ander bestanddele by en meng goed (as te styf, voeg bietjie water by)
Vorm in okkerneut grote balletjies en diepbraai tot goudbruin
Sous:
1 ui gerasper
1 knoffelhuisie fyn
1 teelepel vars gerasperde gemmer
1 teelepel rissiepoeier
1 blikkie geskilde tamaties
½ koppie water
Braai ui.
Voeg knoffel en rissie by
Voeg water en tamatie by
Kook 5 min
Voeg bhadjias by en prut vir 10 min in die sous
Bedien met phuris, parethas of rys
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman






