
TUISGEMAAKTE WORSROLLETJIES
Vulsel:
1 kg maalvleis
15 ml sout
25 ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
knypie neutmuskaat
tafelsmaakmiddel na smaak (aromat)
2 snye witbrood (gekrummel)
25 ml asyn
10 ml koljander
knypie kaneel
Deeg:
4 x 250 ml koekmeel
500 g botter
1 eiergeel
5 ml sout
12.5 ml suurlemoensap
250 ml water
Vulsel:
Braai al die vulsel bestanddele saam totdat die vleis geurig bruin verkleur is. Laat afkoel.
Deeg:
Sif koekmeel en sout saam.
Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Plaas bietjie vleis bo-op deeg.
Smeer kante met eierwit. Rol op.
Verf mengsel van geklitse eiergeel en melk bo-oor.
Bak vir 45 minute lank in ‘n voor verhitte oond teen 180°C tot goudbruin.
Sny in worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn worsrolletjies.
Resep: Boerekos.com






