TROPIESE SPINASIE SLAAI
Al die mates hang af van hoeveel slaai jy gaan maak.
baba spinasie, lekker fyn gekerf
broccoli, opgebreek in klein klein blommetjies
wortel, in fyn repies (Jullian)
rooi druiwe korrels, nie te groot
mango, in blokkies (Ek gebruik ook geblikte perskes as alternatief)
avokado blokkies
bosbessies (cranberries), indien verkies
pekanneute, halveer
gebakte klein beetjies, indien verkies
swart peper Feta (kan weglaat)
Slaai sousie gemaak van Mayo, heuning, druiwe asyn en suurlemoensap en knippie kerriepoeier na smaak.
Pak jou slaai mooi oop op ‘n slaai bord, krummel lekker swart peper feta bo-oor en gooi so liggies ‘n vinegrette slaaisousie oor (of die sousie hier bo). Dit klink nie so nie. Maar glo my dit is heerlik en pragtig!!!
Resep geplaas deur Rina Kleinhans