
SUURROOM AARTAPPELTJIES
18 vars klein aartappeltjies
200 ml suurroom
25 ml gekapte grasuieWas die aartappeltjies goed af en plaas dit met skil en al in kokende soutwater. Kook dit totdat dit net sag is. Dreineer die water af. Spoel die aartappeltjies vinnig af in koue water en trek die skille af. Plaas die aartappeltjies in ‘n oondskottel, giet die suurroom oor en strooi die grasuie bo-oor. Bak dit 10 minute lank in ‘n voorafverhitte oond van 180ºC.
Resep: Heiner Lange






