SPONSKOEK
1½ koppie suiker
4 eiers
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
125 g Stork margarien
1 koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
Klits die suiker en eiers saam vir 10 min.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
Smelt die Stork, melk en vanilla saam.
Meng die eier- en meelmengsel saam vir 10 min.
Roer die melkmengsel by.
Ek het die helfte van die resep aangemaak om vandag te toets.
Bak 25 min by 180 ºC op onderste rak.
Resep: Frieda Greyling








