KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK
1 ½ koppies strooisuiker
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
1 teelepel koeksoda
1 ½ teelepel bakpoeier
1 ½ koppie karringmelk
3 eiers
½ koppie olie
Sif al die droë bestanddelde saam. Meng die melk, eiers en olie saam en voeg by meelmengsel!
Skep in ‘n ringpan en bak vir 55 min op 180°C. Ek het myne na 40 minute uitgehaal was toe reg!!
Versiersel:
375 ml versiersuiker
1 teelepel karamel geursel
1 eetlepel kakao en meng met karringmelk tot “fluffy”
Resep: Ronel Snyman








