

SPONSKOEK VIR YSTERVARKIES
Resep: Ninky Bekker
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
1 koppie suiker
3 eiers
¾ koppie melk
3 eetlepels botter
Meng eiers en suiker goed. Meng die meel en bakpoeier. Verhit melk en botter tot die botter gesmelt is.
Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng liggies deur. Wanneer die melk en botter klaar gemeng is, voeg die by die meel- en eiermengsel en meng goed. Giet die beslag in ‘n voorbereide oondbak en bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 30 min, toets met stokkie om te sien of dit gaar is.
Nota: Ek weet dit werk vir ‘n sponskoek om enige iets by te sit, maar moet asb nie margarien gebruik nie.






