ELSIE SE YSTERVARKIES
Ek bak die resep al baie jare By my ouma gekry Het nog nooit ‘n mislukking ge had nie. Ek gaan die 25 ste weer bak vir ‘n troue. Ek laat altyd die koek 24 uur staan voor ek hom in die sous doop. Hy is dan nie so bros nie en kom pragtig.
4 koppies meelblom
2 koppies suiker
250 g margarien
4 eiers
4 teelepels bakpoeier
1 1/3 koppies melk
Knippie sout
Room margarien en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Klits goed. Sif droë bestanddele en voeg om die beurt met die melk by. Deeg moet nie te styf wees nie moet beslag min of meer van ‘n botterkoek hê. Gooi in gesmeerde pan (ek gebruik 2 panne min of meer die grote van ‘n bierbox anders kom die koek te hoog en dan is die ystervarkies te groot) Bak tot goudbruin by 180 ºC.
Keer uit en laat afkoel
Stroop
3 koppies suiker
2 eetlepels kakao
1 1/2 koppies kookwater
1 eetlepel margarien
Meng alles en laat net opkook. Hou stroop warm terwyl jy koek daarin doop. Doop koek in stroop en rol in klapper plaas op afkoel rakkie tot afgekoel.
Resep: Tim En Elsie Slabbert
Foto: Carol Visser








