

SOSATIES MARINADE – HOENDER EN VARK
Geplaas deur Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Hoendersosaties:
4 – 6 hoenderborsies
Marinade:
250 ml sonneblomolie
200 ml sojasous
125 ml Worcestersous
100 ml suurlemoensap
50 ml aangemaakte Franse mosterd
1 handvol gekapte vars tiemie
6 draaie varsgemaalde swartpeper
5 ml Ina Paarman gegeurde sout
Gebruik ‘n verskeidenheid van bvoorbeeld die volgende om tussen-in die hoender op die stokkies te plaas.
sampioene, heel murgpampoentjies, 1 cm ringetjies gesny, pynappelstukkies, vars of geblik droë perskes, in kwarte gesny of appelkose – vooraf in warm water geweek, uie, halveer ui en sny dan in kwarte en maak uie lae los.
Meng al die bestanddele vir die marinade deeglik. Ontbeen en ontvel hoenderborsies.
Sny hoender in blokkies en sit in glas bak. Giet die marinade oor en marineer 30 minute.
Roer en marineer verdere 30 minute. Braai oor medium kole.
LW: Moenie die hoender langer as ‘n uur in die marinade laat lê nie.
Lewer 10 – 12 sosaties.
Vark sosaties:
Hoender-kebabs kan ook so gemaak word.
Marinade:
125 ml olie
60 ml Dijon-mosterd
60 ml heuning
sout en peper na smaak
Kebabs:
500 g varkboud, in blokkies gesny
6 murgpampoentjies, in dik ringe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
1 kleinerige ui, in stukke gesny
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Ryg die vleisblokkies en groente om die beurt aan sosatiestokkies en sit dit in ’n bak.
Giet die marinade oor en verkoel 3 – 6 uur.
Braai oor matige kole tot net gaar, sowat 10 – 12 minute lank.
Draai gedurig om en bedruip met marinade wanneer jy dit doen.
Maak 6 – 8 kebabs.






