SOET LAMSKERRIE
olyfolie
1 ui, grof gekap
30 – 40 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
± 1 kg lamsvleis (rib of stowevleis)
sout en varsgemaalde swartpeper
40 ml perskeblatjang
100 ml vleisaftreksel
125 g sagte appelkose
Verhit die olie in ‘n diep kastrol en braai die ui vir ‘n paar minute.
Roer die kerriepoeier en borrie by en braai tot geurig.
Roer die lamsvleis by en braai tot bruin en geurig. Geur met sout en peper.
Roer die blatjang en aftreksel by en prut vir sowat 30 – 40 minute of tot gaar.
Sit die appelkose by en prut vir nog ‘n paar minute. Sit voor met rys en groente.
Genoeg vir vier mense.
Foto: Zelda Fouche