SKUIMPIES
1 ekstra groot eierwit
1 koppie strooisuiker
2 ml bakpoeier
Knippie Sout
15 ml wit asyn
30 ml kookwater
2-3 druppels suurlemoengeursel
Klits op hoë spoed tot blink en baie styf.
Bak by 100°C vir 1 – 1 en 1/2 uur. Skakel die oond af en laat afkoel in die oond.
Lewer 3 x 20 cm ronde korse of 40 kleintjies.
Foto en resep: Dalene Brits