METODE
Klits die eierwit tot amper styf, voeg die strooisuiker bietjie-bietjies by en klits tot styf. Voeg warm water by, meng goed, voeg dan asyn by en meng weer goed. Voeg dan bakpoeier en vanilla by en klits tot styf.
Skep teelepels vol op ‘n bakplaat wat met met botterpapier uitgevoer is. Bak in oond teen 100°C vir 2 ure. Skakel die oond af en los die skuimpies oornag daarin om heeltemal uittedroog.
Foto: Ronel Van Dyk Logan








