SKUIMKOEK – ANGEL CAKE
Resep: Sharon Gien-Cambier
FOODLOVERS RECIPES
1 koppie eierwitte (6 – 10 eiers)
1 ¼ koppie gesifte strooisuiker
1 teelepel kremetart
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel
½ teelepel amandelgeursel
Klits die eierwitte en die sout met ‘n eierklitser tot dit begin styf word.
Voeg die kremetart by en klits tot dit styf is maar nie droog nie.
Sif die meelblom en die suiker 4 keer saam en vou dit liggies met ‘n vurk in die eierwitte.
Vou die geursel saam in. Gooi die mengsel in ‘n ONGESMEERDE koekvorm in.
Gebruik ‘n pan met ‘n gaatjie in die middel, soos vir suikerbrood.
Bak 50 minute lank in ‘n stadige oond van 150ºC verminder dan die hitte en bak ‘n verder 10 minute lank.
Keer die koekvorm op ‘n koekrakkie om, laat dit so afkoel en haal dan die koek versigtig daaruit.
DAAR IS GLAD NIE EIERGEEL IN NIE – veersag!







