OREO SJOKOLADE MUFFINS MET ROOMVERSIERING
500 ml koekmeel
160 ml kakao
10 ml bakpoeier
knippie sout
125 ml suiker
330 ml melk
80 ml sonneblomolie
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
1 pak oreos
Versiering:
250 ml vars room
5 ml Vanilla essense
Verhit oond tot 180°C. Voer ‘n muffinpan uit met papierbakkies en spuit die bakkies met Spray & Cook. Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die suiker by en meng goed.. Klits die melk, olie, eiers en vanieljegeursel saam. Vou dit by die meelmengsel in, maar moenie te veel roer nie. Plaas een oreo onderin papierbakkie. Verdeel die deeg in die muffinpan Bak vir 20minof tot toetspennetjie skoon uitkom
Klits 250 ml vars room styf , voeg essense by en maak oorblywende Oreos baie fyn en meng met room. Versier muffins met room
RESEP EN FOTO: Carol Elliott Claassen








