Voorverhit die oond tot 160 °C. Bestuif die skenkelskywe met meel en braai bruin in lotte. Skep uit in ‘n oondbak sodat die vleis in ‘n enkellaag lê. Druk die halwe knoffelbolle tussen die vleis in. Meng die rooiwyn, port, asyn en heuning en giet oor die vleis. Bedek en verkoel oornag. Geur met sout en peper drie tot vier uur voor ete. Maak die bak dig toe en bak vir twee uur. Haal die deksel af en verhoog die temperatuur tot 200°C. Bak oop vir nog 30 minute tot ‘n uur, of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Roer nou en dan. Sprinkel vars tiemie of roosmaryn oor en sit voor.
Genoeg vir 8-10 mense.
Jy kan die skenkels met skaapnek ook vervang- dis net so lekker en jy kan dan die baktyd effens verkort.
WENK:
Jy kan hierdie ook ‘n jou swartpot of Buksie-oondjie maak.
Resep en foto geplaas deur Heiner Lange








