SHAMIERAH SE HOENDER BREYANI
‘n Indiese kollega het eenkeer vir my ‘n bak breyani gemaak en toe ek so lief is daarvoor haar spesiale resep met my gedeel:
1 gaar hoender, fyngemaak
1 tamatie
1 ui
genoeg knoffel en gemmer, na smaak
2 koppies rys, gaar gekook
1 koppie lensies, gaar gekook
3 eetlepels kerrie
Masala’s – 1 teelepel van elke – Breyani mengsel, Breyani en masala, hoender masala, “leaf” Masala, vleis Masala
sout na smaak
Braai die tamatie, uie, knoffel en gemmer in ‘n diep kastrol.
Voeg die fyn hoender by die tamatiemengsel in die kastrol en braai deur.
Meng die gaar rys en lensies saam en voeg dit by die hoendermengsel.
Voeg die kerrie, Masala’s en sout by, meng baie goed en laat alles deurkook tot droog. Sit kleefplastiek onder die deksel om te verhoed dat die breyani weer nat word.
Nota – Jy kan gekookte eiers in die helfte deursny en ook by die Breyani mengsel voeg.
Bedien met enige asynslaai of sambals.
Resep: Julanda Swanepoel