HOENDER BREYANI
2 hoenders in stukke gesny
2 koppies rys gaar
1 kp swartlensies gaar
5 aartapples halfgaar
10 eiers – opgekook
Uie gebraai in olie
Speserye vir hoender (hoender moet hierin gele word verkieslik oornag anders ‘n paar uur)
2 teelepels vinkel
2 teelepels koljander
2 teelepels borrie
4 teelepels fyn rooi rissies
4 teelepels growwe rooi rissies
6 stukkies kardemompitte
1 eetlepel knoffel
1 eetlepel gemmer
Rooi, nat masala
½ koppie suurlemoen
Koppie inkomaas (suurmelk/karringmelk/natuurlike yoghurt)
250 gram botter
Pak die hoender in ‘n groot pot
Sit aartappels oor en dan 10 eiers
Gooi swartlensies oor en dan rys
Gooi botter bo-oor
En dan gebraaide uie
Gooi 500 ml water bo-oor alles en laat dit vir 3 ure stadig prut tot gaar.









