Rina Kleinhans
Ek het vanoggend die broodjie gebak, maar omdat ek net 2 groot piesangs gehad het, het ek twee klein appeltjies gerasper en bygesit, en dan 125 ml klapper ekstra. Ek lees gister Ina Paarman gee die raad, wanneer jou piesangs baie baie ryp is, is dit baie goed om eerder met karringmelk of jogurt te bak, dan kry mens beter tekstuur… nou ek het met karringmelk gebak en ek moet sê die broodjie voel vir my baie goed.

Wian Swart
Het die resep verdubbel, maar net 2 koppies suiker gebruik met ‘n eetlepel heuning. Ek het ook nutty wheat meel gebruik en ‘n teelepel asyn in die melk. Dis rerig die lekkerste piesangbrood resep.

Bak die broodjie in ‘n ring pan en versier
Versiersel: 1 koppie versiersuiker met suurlemoensap gemeng tot loperig en dan oor ge-“drizzle” met gekapte pekaneute.
Foto: Natacha Visagie











Ronel Muller Boshoff
LEKKER PIESANGBROOD GEBAK VANOGGEND.
Rina jou resep maak die lekkerste piesangbrood. Net margarien geruil vir olie.
Frances Smith
Het die onderstaande resep dubbel aangemaak en 4 brode gekry en dis heerlik.
Ek love FLR 💜