PLAATKOEKIE BêREMENGSEL
Hierdie resep het ek gekry nadat ek iemand omgekoop het (*bloos*) om dit vir my te kry. ‘n Jaar of twee in die tjoekie is dit die moeite werd!! (“,) As jy eers eenkeer hierdie resep gemaak het, sal jy nie sommer teruggaan na die “gewone” plaatkoekie resep nie. Geniet dit!!
6 x 250 ml koekmeel (ek gebruik sommer bruismeel en los dan die bakpoeier uit)
90 ml bakpoeier
250 ml suiker
175 ml margarien
Vryf botter in meel in en sit in plastiese houer in yskas.
Wanneer nodig :
250 ml mengsel
1 eier
klein bietjie melk
druppel olie
Genoeg vir 3 medium plaatkoekies.
Braai in bietjie olie tot ligbruin albei kante.
Bedien met stukkies brosgebraaide spek en stroop.
My huismense is totaal en al versot hierop. Soms wissel ek die stroop af met spek en roomkaas . . . dekadent!!
Resep: Lorraine Weitz Brand
Foto: Brineel du Toit








