PERLEMOENPOTJIE
6 perlemoene skoongemaak en in repies gesny en saggies gekap
4 groot uie, gekap
8 jong aartappeltjies
2 eetlepels margarien
2 eetlepels olie
½ koppie wit wyn
½ teelepel neutmuskaat, fyn
1 teelepel vars of gedroogde pietersielie
½ teelepel dille (droog)
sout en suurlemoenpeper na smaak
sap van twee suurlemoene of 4 eetlepels
room optioneel
Soteer die uie en aartappels vir ‘n paar minute (4) in die olie en margarien in ‘n dikboom-kastrol. Voeg die wit wyn by en plaas deksel op en laat stadig prut totdat aartappels sag is. Voeg die perlemoen en res van bestanddele by en laat prut vir 15 minute totdat perlemoen gaar is. Voeg ‘n,½ koppie tot ‘n koppie room (opsioneel) by en laat prut vir 5 minute tot deurgekook. Bedien met varsgebakte bruinbrood.
Resep geplaas deur Daniel de Kock