OUMA SE BROOD
1 kg koekmeel
1 pakkie droë gis
30 ml olie
30 ml asyn
20 ml sout
10 ml suiker
600 ml lou water
Meng al die droë bestanddele saam.
Meng die water met die olie en asyn.
Meng nou die water en die meel.
Laat rys vir 2-3 ure
Verdeel in 2 broodpanne. (Laat rys vir nog ‘n half uur)
Bak teen 180 grade C vir 1 uur.
Foto: Lizette Taljaard Fulscher
Foto 2 – Sonja Zino:
Dis heerlik en maklik. Ek het al ‘n koppie Cheddar kaas by die mengsel gevoeg en dit was baie lekker.









