

MIKROGOLF PIESANGSLAAI
3 eiers
125 ml witasyn
10 ml mosterdpoeier
knypie sout
250 ml Idealmelk
250 ml witsuiker
piesangs
Meng alles behalwe die Idealmelk. Sit in die mikrogolf vir 7 minute, klits na elke minuut met elektriese klitser. Laat afkoel.
Voeg Idealmelk by en roer goed.
Giet oor piesangs. (soveel as jy wil gebruik)
Laat dit oornag in yskas staan sodat die sous lekker verdik.
Giet kookwater oor piesang (in skil) om te verhoed dat dit bruin word.
BRON: Carol Elliott Claassen






