MAASKAASROL OF TRUFFELS
Bedien saam met enige soutbeskuitjies of Bruchetta.
250 g roomkaas ongegeurd – “Cottage”
250 g roomkaas “savory”
1 koppie fyn gerasperde Cheddarkaas
1 pakkie spek, gaargemaak en fyngekap
250 g harde Rama margarien
fyn biltong of sesamesaad
Meng die bestanddele tot voor die Rama saam. Smelt die Rama en meng dit saam met die eerste mengsel. Plaas die mengsel in die yskas tot gestol.
Rol teelepelsvol in truffels of rol in ‘n lang rolletjie, net soos verkies.
Rol die truffels of rolletjie in biltong of sesamesaad voor opdiening.