

MAAK JOU EIE BOTTER
(genoeg vir 300 g)
500 ml dubbeldik room
10 ml sout
Plaas bestanddele in elektriese menger se bak en klits op medium-spoed tot room verdik, sowat 2 – 3 minute. Stel spoed hoër en hou aan klits tot mengsel in twee verdeel. Gooi mengsel deur ‘n sif en dreineer die karringmelk af. Plaas botter in skoon bak en meng met houtlepel tot gladde, romerige mengsel. Vorm in blok, bedek met waspapier en verkoel tot ferm.Gebruik altyd botter en olie om die helfte as jy iets wil roerbraai. Die olie keer dat die botter brand voor jou groente of vleis gaar is.
Petré Van Jaarsveld
Gooi die room in n glashouer met n deksel… Skud die room tot botter vorm…. Gooi die karringmelk af, wat jy weer kan gebruik om mee te bak…. Druk botter bymekaar en spoel onder koue water.. tap water by botter en werk die water deur die botter met n houtlepel…gooi die water af…. Herhaal n paar keer tot die water helder skoon is… Strooi sout oor en werk die sout deur.. en daar is jou heerlike plaasbotter..
Petro Borchard
gooi in mengbak, klits met ballon whisk – passop net, vat nie lank na dit styfgeklits is voor die wei afskei nie, dan spat dit die wereld vol.gooi die water af en vervang dan met K-beater en klits vir ruk om seker te maak al die wei-water word uitgewerk.
Jy kan dan die klont botter wat gevorm het in lopende koue water “brei” met jou hande om dit heeltemal te suiwer.
Voeg sout bietjie bietjie by na smaak indien verkies. Ek vries dit ook in klein hoeveelhede – daar is nie die ‘stabilisers’ en preserveermiddels by van winkel botter nie. Dit gaan vinniger af. Die kleur is amper spier wit
Foto: Alletta Burges






