

LEKKER BRAAISOUS VIR ALLES
Resep: Maria Liebenberg
FOOD LOVERS RECIPES
(Braaisous) Ek gebruik my pappadella’s se sous eintlik vir alles. Dit vries goed.
Braaisous (1.4 liter sous)
2 groot uie
2 knoffelhuisies
olie
1 blik (410g) tamatiePUREE
1 pakkie beesstersoppoeier
2 koppies kookwater
1 bottel (470g) blatjang
30 ml suikerKap uie en knoffel fyn, braai in olie.
Meng tamatiepuree, beesstertsoppoier by die uiemengsel.
Roer kookwater by. Roer en verhit tot kookpunt.
Voeg blatjang en suiker by en laat opkook.






