BIER MARINADE VIR SPIT OF ROOSTER
175 ml bier
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30 ml suurlemoensap
30 ml suurlemoenskil, gerasper
Meng alles saam, marineer die vleis van jou keuse vir ‘n paar uur of oornag.








