Bedek 1 liter koemkwarts met water en verhit tot kookpunt. Dreineer die koemkwarts, bedek dit met vars water, verhit weer tot kookpunt en dreineer. Bedek dit weer met vars water, verhit tot kookpunt en prut dit dan totdat dit sag is, daar moet ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gedruk kan word. Dreineer nou goed.
Voeg 400g wit suiker by 250ml water en verhit stadig tot kookpunt, roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook die stroop 5 min, voeg die koemkwarts by die stroop, verhit tot kookpunt en kook dit 5 min. Laat die koemkwarts in die stroop afkoel. Bewaar dit in ‘n dig geseelde houer in die koelkas.
Dien dit as nagereg op saam met roomys of room, of sny die vruggies op en gebruik dit as bestandeel in roomys, gestolde en gebakte nageregte, die stroop dien as ‘n sous. Halveer en ontpit die vruggies, vul dit met roomkaas en voeg dit by ‘n groen slaai met’n vinaigretteslaaisous.
*Lekker vir later* Rina







