KERRIE PERSKE-PASTA SLAAI
250 g skulpnoedels
7 ml sout
25 ml kookolie
75 ml perskestroop
1 groot ui, fyngekap
250 ml mayonnaise
75 ml vrugte blatjang
1 blik ertjies, opsioneel
15 ml matige kerrie poeier
10 ml borrie
1 blik (klein blikkie) taaipit perskes, dreineer en klein gesny
Kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af. Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut. Verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes en ertjies by. Vou kerriemengsel en noedels liggies by.
Foto 1: Sonja Young
Ek hou van die sous van die perskes en gooi daarvan die volgende dag oor die slaai om dit weer vogtiger te maak.
Foto 2: Sharon Naude
I just added a ¼ green pepper.










Geskuif
Jurina Groenewald
Ek het heerlike ene ook
500 g pasta
4 eetlepel kondensmelk
3 eetlepel mayonnaise
1 teelepel kerrie
2 teelepel borrie/tumeric
1 blik halwe perskes opgesny
halwe blok kaas in blokkies gesny
Meng goed en maak met clingwrap toe sit in yskas lekker koud raak
Mens kan meer by gooi van kondensmelk en mayonnaise as te droog is