BLAAR- EN AVOKADO SLAAI
1 koppie blaarslaai, in stukkies geskeur
2 avokadopere, in skywe gesny
½ pak (125 g) spekvleis, bros gebraai en dan in blokkies gesny
3 snye witbrood, in blokkies gesny en in olie bruin gebraai
Sous:
125 ml asyn
125 ml suurlemoensap
150 ml suiker
3 eiers, goed geklits
12,5 mosterdpoeier
1 ml sout
125 ml natuulike joghurt
Pak die blaarslaai op ‘n plat bord en rangskik die avokadopere, spek en broodblokkies bo-op. Verhit die asyn, suurlemoensap en suiker saam en roer totdat die suiker opgelos is. Voeg die geklitste eiers, mosterdpoeier en sout by en verhit oor stadige hitte.
totdat die sous verdik. Roer gedurig.
Laat afkoel en voeg die jogurt by. Giet net voor opdiening oor die slaai. Genoeg vir 6 mense.






