

HOENDERSULT
Resep: Cathy Joubert
Foto: Martie Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
Dieselfde gepluisde hoendervleis kan ook in sult omgetower word.
Al is die versoeking hoe groot, moenie die sult dadelik eet nie.
Na ‘n dag in die yskas smaak dit prima!
1 mediumgrootte hoender, gekook en ontbeen
250 – 300 ml hoenderaftreksel (van die gekookte hoender)
2 mediumgrootte uie
kookolie om in te braai
10 ml kerriepoeier
1 wortel, gerasper
25 ml gelatien
30 ml kookwater
20 ml appelkooskonfytasyn
sout en peper na smaak
Braai ui in kookolie tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier en wortel by. Verwyder vet van hoenderaftreksel en voeg die vloeistof by.
Prut vir nie langer as tien minute nie.Los gelatien in kookwater op en voeg dit by.
Meng appelkooskonfyt met asyn, voeg by die kerriemengsel en kook 10 minute.
Roer af en toe.
Voeg nou die vleis by kerriesous en kook tot deurwarm.
Roer, proe en voeg nog asyn by indien nodig.
Geur met sout en peper.
Indien nodig, kan meer sous by mengsel gevoeg word.
Skep hoendermengsel in ‘n geskikte broodpannetjie of vorm en bedek met kleefplastiek.
Plaas in yskas om te stol.
Sit voor met varsgebakte brood en slaai.







geskuif