GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP
Ek het die jare terug by my Ma geleer.
Jy pak jou hoenderstukkies in ‘n bak en smeer DIK Mayonnaise oor. Die hoender moet droog wees en daar moet geen deksel opkom as dit in die oond ingaan nie, anders gly al die mayonnaise af en lê op die bodem van die pan. Dit maak so ‘n heerlike bruin korsie.
Ek gaan ook van Ina Paarman se sousie probeer en Rina vir ‘n klaar gaar hoender is dit defnitief op die spyskaart.
Dan nog ‘n hoender resep wat my ma gemaak het.
Skud hoenderstukkies in ‘n plastieksak met meel en sout. Braai bruin in vlak olie. Pak nou laag hoender stukkies, rasper dik laag uie oor, dan laag dik laag tamaties. Herhaal die lae. Strooi tussen die lae speserye van jou keuse. Dis njammies lekker.
Dit moet lekker lank bak. Die uie, tamaties en wortels moet nie meer apart wees nie maar so ‘n lekker dik sous maak.
Wat ‘n hoenderpastei besonder lekker maak is Bacon Kips. Krummel die Bacon kips dat dit kleinerige stukkies is. Voeg dan net meer vloeistof by. Ek gooi altyd Ideal Melk of Carnation melk by. Die Bacon Kips moenie droog wees nie. Dit raak dan heeltemal ‘deel’ van die pasteie met ‘n besondere smaak.
Resep: Gerda Potgieter








