Voorverhit oond tot 180ºC (350 ºF)
Smelt margarine in ‘n pan en braai die seldery en gekapte ui tot ligbruin.
Voeg sop, worcestersous, mosterd, sout en peper by. Laat deurkook en
meng goed.
Sny worsies skuinsweg in 2,5 cm stukkies en voeg by.
Skep gaar spaghetti in ‘n gesmeerde kasserol en giet sous bo-oor.
Rasper kaas bo-oor en bak 15 tot 20 minute lank.
Hierdie is ‘n blits resep en ek vries hom net voor hy gebak word
Resep en 2de foto: Sheila Kotze
Foto: Elna Erasmus – Ek kon nie ‘n blikkie tamatiesop of -poeier gekry het nie. (Is nie beskikbaar nie) Ek het toe 2 x 200 g pakkies napoletanse sous gekoop.









