FRANKFURTERKASSEROL

tested

FRANKFURTERKASSEROL
Resep en 2de foto: Sheila Kotze
Foto 1:  Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
15 ml margarien (1 eetl)
125 ml (½ koppie) gekerfde seldery
1 groot ui
1 blikkie tamatieroomsop (of 1 pakkie aangemaak of 2 x 200 g pakkies napoletanse sous)
5 ml (1 teelepel) Worcestersous
5 ml (1 teelepel) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
500 g frankfurters
250 g gaar spaghetti of noedels
gerasperde kaas

Voorverhit oond tot 180ºC (350 ºF)
Smelt margarien in ‘n pan en braai die seldery en gekapte ui tot ligbruin.
Voeg sop, worcestersous, mosterd, sout en peper by. Laat deurkook en meng goed.
Sny worsies skuinsweg in 2,5 cm stukkies en voeg by.
Skep gaar spaghetti in ‘n gesmeerde kasserol en giet sous bo-oor.
Rasper kaas bo-oor en bak 15 tot 20 minute lank.
Hierdie is ‘n blits resep en ek vries hom dit voor dit gebak word,
Elna Erasmus – Ek kon nie ‘n blikkie tamatiesop of -poeier gekry het nie. (Is nie beskikbaar nie) Ek het toe 2 x 200 g pakkies napoletanse sous gekoop.