

FANTASTIESE HOENDERPASTEI
8 ontbeende hoenderborsies
1 blikkie sampioene
1 pakkie sampioensop
1 houertjie room
feta kaas na smaak
1 pak ontdooide blaardeeg
Braai die hoender en sampioene saam en voeg die feta kaas by. Meng die sop en room saam en roer dit by die hoendermengsel en verhit totdat die mengsel lekker dik is. Verwyder van die hitte.
Skep die mengsel in ‘n oondbak, plaas die deeg oor die hoendermengsel en druk ‘n paar gaatjies in die deeg. Plaas die pastei in ‘n voorverhitte oond by 180ºC en bak die pastei vir ongeveer 30 min of tot bruin en gaar.
Resep: Karlien Jacobs
Foto: Kimberley Kimi Ross
One thought on “FANTASTIESE HOENDERPASTEI”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done