
FANIE SE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK PORSIES
Ek gooi gewoonlik net goed bymekaar en hoop vir die beste maar die volgende was so ‘n groot sukses dat ek dit toe maar herhaal het om die regte mates te kan gee. Dit is ‘n resep wat vier indivuele porsies lewer. Voorbereiding: Spuit 4 x 10 cm ramekins met kleefwerende middel.
1 jumbo eier
80 ml suiker
5 ml vanilla
125 ml koekmeel
60 ml kakao
5 ml bakpoeier
1,25 ml sout
60 ml melk
80 ml choc chips
Meng eier, suiker en vanilla tot goed gemeng. Gooi meel, kakao, bakpoeier en sout by en meng deur. Gooi die melk by en meng goed. Gooi laaste die choc chips by indien verkies en deel die beslag tussen die 4 ramekins. Plaas uiteen op die draaitafel van die mikrogolf en bak vir 3 minute op hoog (900W mikrogolf gebruik vir toets).
Indien verkies kan styfgeklopte room of botterversiersel bo-op gesmeer word wanneer afgekoel, maar by my staan dit nooit lank genoeg daarvoor nie!
Resep en Foto: Fanie du Toit






