
EENVOUDIGE BILTONGRESEP
2 pk droë koljandersaad
1 bottel bruinasyn
½ bottel worcestersous
1 kg growwesout
250 g fyn swartpeper
10-12 kg beesvleis
Braai die koljander liggies in ‘n pan totdat dit ‘n skerp reuk af gee, Maak dit in ‘n stamper en vysel fyn. Maak ‘n mengsel van 2 derdes bruinasyn en 1 derde worcestersous (pekel) en sny die vleis in lang repe, ongeveer 35-40mm dik. Gooi nou ‘n laag sout, peper en koljander onder in ‘n lang, diep plastiekbak. Pak ‘n lagie biltong en besprinkle die vleis met pekel. Gooi dan weer speserye oor en herhaal die proses met elke laag vleis. Elke laag het omtrent 1 ½ – 2 hande vol sout en ‘n dun laag peper en koljander nodig. Pak elke laag haaks met die vorige laag sodat die pekel nie te maklik deursypel nie. Laat staan die vleis vir sowat 6 ure, en draai dit daarna sowat 2-3 keer in 12 uur sodat die vleis goed pekel. Die vleis moet sowat’n uur lank in die pekel le vir elke kilogram vleis. Hang die vleis vir ongeveer drie dae in’n koel, droë plek weg van insekte af.
NASKRIF:
My resep is doodeenvoudig, maar jy kan hom vir alles soorte biltong gebruik. Moenie skaam wees met die sout en peper nie – jy kan nie eintlik te veel daarvan oorgooi nie. As jy te min gooi, gaan die vleis vrot!
Resep: Eben Vljoen






