DRIE BONESLAAI
10 Porsies
410 g blik bake beans
1 groot ui, gerasper
410 g groen boontjies
410 g botterbone
1 greenpeper, gekerf
1 koppie skulpie noedels, gekook en spoel af
Sous:
125 ml suiker
125 ml kookolie
125 ml asyn
5 ml basielkruie
Kook sous vir 5 minute.
Meng alles saam en hou in koelkas.
RESEP: Michelle Nel








