DIE VOLMAAKTE MERINGUE
jy het nodig:
6 eierwitte
2 ml kremetart
320 ml strooisuiker
5 ml vanielje
die oondtemperatuur moet so laag as moontlik wees, 110°C, bietjie hoer as jy dit bruin wil he!
Klits die eierwitte in ‘n glasbak met ‘n elektriese klitser tot skuimerig
Sprinkel die kremetart oor en hou aan klits tot die eierwit net begin stywe punte vorm- dit moenie droog geklits wees nie
Voeg 250 ml van die suiker, 20 ml op ‘n keer, by en klits goed na elke byvoeging. Die mengsel moet styf, dik en glad wees. die meringue moet aan die klitser kleef as die klitser uitgelig word.
Voeg die res van die suiker en die vanielje op een slag met ‘n deegskraper in die meringue. MOENIE WEER KLITS NIE!
SIT IN VERSIERSAK EN SPUIT OP VOORBEREIDE BAK PLAAT. BAK VIR 90 MIN.
SKAKEL DIE OOND AF EN LAAT DIE MERINGUE IN DIE OOND HEELTEMAL AFKOEL.
DIE GEHEIM VAN ‘N GOEIE MERINGUE IS DAT DIE EIERS BY KAMERTEMPERATUUR IS, NIE HEELTEMAL VARS MOET WEES NIE EN DAT DAAR NIE ‘N DRUPPEL GEEL IN DIE WIT MOET BELAND NIE
Riana du Plessis








