DALENE SE TUNAMOUSSE
3 x 170 g tuna in olie
6 eetlepels mayonnaise
1 klein ui, in kwarte gesny
droë vinkel na smaak, opsioneel
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel tamatiesous
1 ½ eetlepel asyn
1 ½ pakkies gelatien
2/3 koppie warm water
2/3 koppie koue water
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
In ‘n voedselverwerker, meng die tuna, mayonnaise, ui, vinkel, bruinsuiker, tamatiesous en asyn saam.
Los die gelatien in die koue water op en roer die kookwater by. Roer dit by die mengsel in die voedselverwerker en voeg sout en peper by, meng weer vinnig deur.
Giet die mengsel in ‘n visvorm en plaas in die yskas tot gestol.
Bedien met soutbeskuitjies, dis ‘n groot gunsteling.
Resep: Dalene Brits