LEKKER DOOPSOUS MET TABASCO
250 ml op fyn gerasperde Cheddar kaas
50 ml mayonnaise
25 ml blatjang
25 ml fyn gekapte uie (hier gebruik ek soms minder want sommige ui is te skerp)
25 ml pietersielie
paar druppels tabasco, optioneel
Meng alles saam.
Hou in koelkas en gebruik soos nodig.
Dit hou verseker nie lank hierdie kant nie maar besluit self!
Bedien saam crisps (chips) of enige kraakbeskuitjies
Resep: Daleen Terblanche








